Grootsus vra befondsing om kleinsus se kanker te klop

Deel hierdie storie / Share this story

Die familie van Zanele Dube, wat met kanker gediagnoseer is, het hulle tot sosiale media gewend om fondse in te samel om hierdie gevreesde siekte, wat die jong vrou se lewe op sy kop gekeer het, te behandel.

Volgens Ziyanda se blad is haar pragtige, vriendelike en vrygewige klein sussie gediagnoseer met nie-Hodgkin-limfoom en bukkale mukosa kanker.

Limfoom is tipe bloedkanker en bukkale mukosa is ‘n aggressiewe vorm van kanker wat in die sagte wangweefsel van die mond vorm.

Die ontwikkeling van die kanker by Zanele het in Februarie 2022 begin. Die familie het gedink sy het tandpyn.

Die erns van die pyn het Zanele egter mediese hulp laat soek. Ziyanda sê dat sy by verskillende staatshospitale was, met baie beperkte vordering.

“Sy het swak mediese diens ontvang, en nou is ons hoop op. Sy het soveel pyn as gevolg van die gewas wat aggressief groei en dit vir haar moeilik maak om snags te slaap weens erge pyne in haar gesig, nek en kop,” het sy verduidelik.

“Ek probeer fondse insamel sodat ons haar na ‘n privaat hospitaal kan neem waar sy beter mediese aandag sal ontvang,” het Ziyanda verder verduidelik.

Zanele ontvang tans chemoterapie by King Edward-hospitaal.

“Dit werk nie meer soos haar dokter twee maande gelede vir ons gesê het, dat dit nie sterk genoeg sal wees nie,” het Ziyanda gesê.

“Ons doelwit is om haar eers te laat opereer voordat hierdie kanker na ander dele van haar liggaam versprei. Enige bedrag geld sal haar ‘n beter kans gee om hierdie siekte te beveg.”

“Ons sal enige vorm van skenking opreg waardeer. Help ons asseblief om haar storie deur ander sosialemediaplatforms te deel sodat ons haar die beste kan help, het Ziyanda afgesluit.

Bronne: MSN, The South African, Economy24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.