‘n 31-jarige man is in ‘n kritieke toestand ná hy vanaf die derde verdieping by Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria geval het.
Nisha Kemraj, oorhoofse bestuurder by dié sentrum, het die voorval aan FiND iT bevestig.
Emer-G-Med paramedici is Donderdag net ná 08:00 na die winkelsentrum ontbied waar ‘n paramedikus hom gestabiliseer het voordat hy op ‘n ventilator geplaas is om hom te help om asem te haal.
Die man is met die hulp van ‘n Netcare911-helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is op die toneel vir verdere ondersoek.



