’n Verpletterde Kaapstadse gesin bied ’n beloning van R10 000 aan vir die veilige terugkeer van hul geliefde Boston Terrier, Skunk, wat verlede maand op Tafelberg vermis geraak het.
Skunk, wat epilepsie kry en gedeeltelik doof in een oor is, het op 16 Junie by Overseers Cottage, Constantianek in die Tafelberg- nasionale park vermis geraak.
Kort nadat Skunk verdwyn het, is ‘n K9-snuffelspan op die berg uitgestuur, maar daar was geen teken van die hondjie nie.
Daar is glo ook ‘n dierekommunikeerder gekontak, maar meer as twee weke later en Skunk is steeds nie gevind nie.
Die familie het ‘n beloning van R10 000 aangebied vir enigiemand wat Skunk lewend vind.
Bronne: MSN, Cape Talk, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



