14-jarige drink gif, glo as gevolg van boelies

“Daar is al baie keer teen my gediskrimineer, beide in die gemeenskap en in my skool.”

Mpho Falithenjwa, ‘n 14-jarige van Orange Farm, Johannesburg, het op 2 Junie selfdood gepleeg. Hy het gif gedrink nadat hy glo geboelie is omdat hy gay was. Volgens sy suster het Mpho ‘n brief geskryf waarin hy afskeid geneem het van sy familie en gesê hoe hy begrawe wil word. In ’n Facebook-plasing het Mpho geskryf: “Daar is al baie keer teen my gediskrimineer, beide in die gemeenskap en in my skool. Maar ek het vir myself gesê ek is sterk en ek moenie toelaat dat negatiwiteit my uitmekaar breek nie.” Mpho het diegene “wat bang is om uit te kom” aangemoedig om “jouself te wees en nooit jou lewe vir enigiemand anders te leef nie.” Hy het bygevoeg: “Die lewe is te kort, geniet dus wie jy is en wat jy in die lewe doen. Gee nie om wat ander mense sê nie … moenie ‘n leuen leef nie.”

Die Facebook-blad ‘Keep the energy’ het die plasing gedeel en bygevoeg: “Rus in mag, ons broer. Ons sal jou nooit vergeet nie. #KeepTheEnergy #notogenderbasedviolence “

Mpho. Foto: Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.