Ventilator stop tydens kragonderbreking- kwadrupleeg breindood

Muntingh is Saterdag by die MediClinic Vereeniging-hospitaal opgeneem.

‘n Kwadrupleeg wat Saterdagmiddag  in ’n koma gegaan het toe die ventilator wat hom moes help om asem te haal tydens ’n kragonderbreking gaan staan het, is breindood verklaar.

Willie Muntingh se ma, Lettie, het bevestig dat dokters haar seun breindood verklaar het, berig Krugersdorp News.

Muntingh is Saterdag by die MediClinic Vereeniging-hospitaal opgeneem.

Volgens sy ma het die krag Saterdagaand in die omgewing van 21:00 in die Peacehaven-woonbuurt afgegaan.

Hulle was besig om Muntingh van die ventilator af op suurstof te sit toe hy in ‘n koma gegaan het.

Die buurt gaan gereeld onder kragonderbrekings gebuk.

Muntingh is verlam sedert hy homself as tienerjarige beseer het in ‘n fratsongeluk by Hoërskool Vereeniging (nou Vereeniging Gimnasium) se swembad.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.