Vir baie mense is pynappel op pizza verbode. Ander voel weer dit is nie pizza as daar nie pynappel op is nie.
FiND iT het sy lesers se mening hieroor gvra en die meeste lesers het JA gese vir pynappel op pizza.
Hier is ‘n maklike en vinnige pizza-resep.
Bestanddele:
Kors
- 500 ml bruismeel
- 12 ml kookolie
- 150 ml kookwater
- knippie sout
Bolaag
- 4 tamaties, geskil en gekap
- 1 groot ui, gekap
- 10 ml tamatiesous
- 125 g spek, gesnipper
- 150 g gerasperde kaas
- 1 blik pynappelstukkies
- 10 ml Aromat
Metode:
Kors
- Plaas bruismeel, kookwater, kookolie en sout in ‘n plastiekhouer met ‘n seëldeksel.
- Skud die houer totdat ‘n sagte deeg gevorm word.
- Druk die deeg ewe dik in ‘n rolkoekpan uit.
- Bedek dit liggies met ‘n klam doek.
Bolaag
- Verhit oond op 180 °C.
- Smoor die tamatiesous en ui tot ‘n dik smoor.
- Smeer die tamatiesous oor die rou kors.
- Smeer die gesmoorde tamaties bo-oor.
- Plaas die speksnippers en pynappel bo-oor.
- Strooi die Amorat oor en dan die kaas.
- Bak die pizza vir 30 min.
- Sit warm voor.

Bron: Knuppeldik aan koningskos.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



