Eskom het Vrydag fase 4-beurtkrag ingestel weens stakingsoptrede deur werknemers oor salarisse, nadat onderhandelinge ’n dooiepunt bereik het.
Eskom sê die arbeidsaksie het vertragings in die uitvoer van beplande instandhouding en herstelwerk veroorsaak.
“By ‘n aantal kragstasies het die volle personeelgroep nie vir diens aangemeld nie. As gevolg hiervan is onbeplande opwekkingsverliese nie soos beplan verminder nie, wat Eskom genoop het om voort te gaan om voorsorgmaatreëls te tref om opwekkingskapasiteit te bewaar en aanleg teen skade te beskerm. Daar is ’n moontlikheid dat die fase van beurtkrag dalk op kort kennisgewing sal moet verander, afhangende van die toestand van die aanleg en die beskikbaarheid van arbeid,” het Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, Sondagmiddag 26 Junie 2022 in ’n verklaring gesê.
Terwyl Fase 4-beurtkrag na verwagting eers oor ‘n paar dae sal eindig, het Eskom gewaarsku dat 4 000MW se opwekkingskapasiteit in gevaar is weens die onwettige stakingsaksie, wat dit nodig maak om noodopwekkingsreserwes aan te vul en op onvoorsiene omstandighede te reageer.
Bronne: IOL, The South African, MSN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Eskom sê groot waarskynlikheid van kragonderbrekings hierdie week



