’n Amerikaanse sierswemmer is deur haar afrigter gered nadat sy haar bewussyn verloor het en tydens ’n internasionale kompetisie tot op die bodem van die swembad gesink het.

Die voorval het Woensdag by die FINA World Aquatic Championships in Boedapest, Hongarye, plaasgevind, berig die Olimpiese Spele.
Anita Alvarez (25) het pas haar solo-vrystel-roetine voltooi toe sy begin sink het. Haar afrigter, Andrea Fuentes, het dadelik in die water gespring, ten volle geklee, om haar te red.

Op foto’s van die dramatiese oomblik word gesien hoe die 39-jarige Alvarez, ‘n viermalige Olimpiese medaljewenner in sierswem, in die water duik om haar na die oppervlak van die swembad te bring terwyl ‘n ander swemmer ook hand bysit.
“Ek het self in die water gespring omdat ek gesien het dat niemand, ook geen lewensredder nie, induik nie. Ek het ‘n bietjie bang geword omdat sy nie asemgehaal het nie, maar dit gaan nou goed met haar,” het Fuentes volgens die Olimpiese Spele aan die koerant Marca gesê.
Volgens Fuentes moet atlete hul asems vir ‘n lang tyd ophou en vermoed dis dalk die rede dat sy flou geword het. “Ek het gesien hoe sy begin sink en besef iets is fout.”
Fuentes het verduidelik hierdie situasie is nie so ongewoon as wat ‘n mens sou verwag nie, “mense verloor soms hul bewyssyn tydens die sport.”
Verslaggewer T.J. Holmes het aan GMA gesê dat Alvarez ook verlede jaar tydens ‘n kompetisie haar bewussyn verloor het.
In ‘n verklaring wat na die voorval aan die USA Artistic Swimming Instagram-bladsy gedeel is, het Fuentes gesê dat Alvarez oukei is. “Die dokters het alle noodsaaklikhede nagegaan en alles is normaal: hartklop, suurstof, suikervlakke, bloeddruk, alles is oukei. Ons vergeet soms dat dit in ander hoë-uithou-sportsoorte gebeur. Marathon, fietsry, landloop – ons almal het al gesien waar sommige atlete nie die eindstreep haal nie en ander help hulle om daar te kom,” lui die verklaring.

Of Alvarez Vrydag, 24 Junie in die vryspan-eindstryd gaan swem of nie, sal deur haar en kundige mediese personeel bepaal word.
Fuentes het in 2004, 2008 en 2012 aan gesinchroniseerde swem vir Spanje by die Olimpiese Spele deelgeneem en vier medaljes verower.
Sy het in 2013 afgetree as die Spaanse nasionale swemspan se lid wat die meeste medaljes tot nog toe verower het. Sy is sedert 2018 die hoofafrigter vir die Amerikaanse senior nasionale gesinchroniseerde swemspan.



