Marno is by die huis

Die vyfjarige Marno Muller, wie se verhaal die land aangegryp het toe hy op 26 Mei by sy kleuterskool op ‘n glyplank aan die toutjies van sy baadjie se kappie gewurg het, is Woensdag uit die hospitaal ontslaan.

Nadat hy met behulp van ‘n fisoterapeut oor die naweek begin loop het, kon hy gister self uit die hospitaal stap.

Slegs ‘n paar dae gelede was Marno nog hulpeloos aan ‘n ventilator gekoppel.

“Marno slaap vanaand in sy eie bed!,” skryf die Facebook-groep Hemelse Pêrels NC op hul blad.

“Die dokters is tevrede en hy hoef nie meer rehab toe te gaan nie, maar wel as ‘n buitepasient vir fisio- en spraakterapie gaan. Mens, ons dien ‘n groot groot God.”

Hy moet ook een keer ‘n maand vir ‘n opvolgbesoek by dr. Barlett van Garden City Netcare-hospitaal aanmeld.

FiND iT het vroeër berig dat Marno twee weke na die insident wakker geword het en Maandag self begin eet het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.