Steve Hofmeyr, een van Suid-Afrika se gewildste manlike kunstenaars, het moontlik varkgriep.
Hofmeyr het Maandagoggend op sy Facebook-blad geskryf hy is op die oomblik in die hospitaal waar hulle toetse doen vir varkgriep.
“Ek skryf uit die hospitaal. Sal darem na die toetse ontslaan word. Ek vermoed varkgriep, maar ek het die naarste 48 uur agter die rug.
Sê as ek oorreageer:
Maandag begin die Hofmeyrs hoes. Ek staan Vrydag vir 5 ure by Binnelandse Sake vir Ben se eerste ID, vrot van die griep. My tand val uit. ‘n Tydelike inplantaat. Ek sweer. Ek spring op en my foon val uit. Flenters. Ek doen my 4de Covidtoets. Weer negatief. My tandarts gryp in. Ek is plat met koors maar druk deur met Saterdag se konsert. Armand help. Ons kanselleer Romy-lee se verjaarsdagfunksie asook my Vadersdagpartytjie. Al my vrou se harde werk in sak en as. My kop swymel. Die Bulle verloor. Romy-lee se temperatuur skiet deur die dak en ons jaag vanoggend 5uur hospitaal toe.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



