Die Vrystaatse Boer soek ‘n Vrou-deelnemer van Marquard, Johan Lombard (29), het Saterdag vir Esmerelda van Wyk (29) gevra om te trou.

Hulle is al drie maande ‘n paartjie.
Van Wyk het aanvanklik vir ‘n ander boer geskryf, maar die twee het mekaar by die reünie ontmoet.
Lombard en Van Wyk is die tweede paartjie van die seisoen wat verloof geraak het.
Boer Tyson Zunckel en Alri Vorster het op 22 Mei verloof geraak. Hulle het mekaar op die program ontmoet en Zunckel het vir Vorster gekies.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



