Suzette Smith is rasend van bekommernis. Haar man, Marius Pretorius, is sedert Woensdag 25 Mei vermis.
Nadat Pretorius op die dag van sy verdwyning nie by die werk opgedaag het nie, het hul onraad vermoed en hom probeer bel, maar sy foon was af.
Volgens Suzette is hy laas gesien waar hy saam met ‘n man en twee vrouens by Menlyn Mall, waar hy in die sekuriteitsbedryf werk, in ‘n motor klim.
“Die onsekerheid maak ons klaar. Ons het inligting wat ons onlangs gekry het opgevolg, maar dit was sonder sukses. Ek wil asseblief ‘n beroep op die publiek doen. Indien iemand dink hulle herken hom, neem ‘n foto indien moontlik. Elke keer as iemand vir ons sulke inligting deurgee, raak ons opgewonde. En dan begin ons weer met ons soektog.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



