Ma al drie dae vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die familie van die vemiste Manenberg-ma doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom terwyl hulle desperaat probeer om haar op te spoor.

Shireen Essop (32) is Maandag laas gesien waar sy in Weltevredenweg gery het. Haar motor is intussen gevind, maar daar is geen teken van Essop nie.

Volgens haar familie was sy op pad huis toe van die werk af toe sy laas gesien is. Niemand het sedert Maandagmiddag van haar gehoor nie.

Essop het ten tye van haar verdwyning ‘n mosterdkleurige top en ‘n swart broek aangehad.

Die SAPD het in hierdie stadium nog nie baie besonderhede oor die aangeleentheid bekend gemaak nie, maar het bevestig dat hulle na haar soek en dat die omstandighede rondom die voorval ondersoek word.