DStv verwyder nóg kanale

Deel hierdie storie / Share this story

DStv het pas aangekondig dat hulle nóg kanale gaan verwyder.

Dit volg na gister se beslissing deur die mededingingstribunaal. MultiChoice het nou ook e.tv se eMovies, eMovies Extra, eExtra en eToonz van DStv se pakkette verwyder.

‘n Ooreenkoms tussen DStv en eMedia het op 31 Mei 2022 tot ‘n einde gekom het wat dié kanale ingesluit het.

Die genoemde kanale sal nou slegs op Openview beskikbaar wees.

eTV, eNCA en eNuus op kykNET sal steeds op DStv beskikbaar wees.