Die gewilde kuierplek Weiveld in Pretoria moes sy deure sluit nadat mense glo gekla het oor die geraas.


“Ons het te veel lawaai, so nou gaan ons maar braai … daar is wel iets anders om die draai! Ons het lekker gewei, maar nou is dit verby … ons sien jou gou weer met ‘n nuwe idee!,” skryf Weiveld op hul Facebook-blad.
Die sanger Appel het vanoggend op sy Facebook-blad gesê dat dit vir hom ‘n ongelooflike hartseer dag is.
“Die nuus is al gister gedeel dat die geliefkoosde dans- en kuierplek Weiveld sy deure moet sluit a.g.v. ‘n buurman en sy trawante wat oor die geraas kla. Weiveld was ‘n familiebesigheid, selfs die mense wat nie bloed was nie, was deel van die familie.
“Daar is ongelooflik baie wat nou hulle werk kwyt is en ons as musikante het een GROOT verhoog minder. Asof die grendeltyd nie erg genoeg was nie, het Weiveld hulle beste gegee om by die reëls te bly. Daar was soveel goeie herinneringe, deel asb. ‘n foto of video, dit voel soos die dood van ‘n nabye vriend. Ek hoop terdeë die ou oom is nou tevrede met sy vrede. Rus In Vrede Weiveld, ons gaan jou mis ou pel,” lui die inskrywing.




