Aleit glo dood aan hartaanval

Deel hierdie storie / Share this story

Die televisiepersoonlikheid en geleentheidsbeplanner, Aleit Swanepoel, is volgens die Aleit Groep aan ‘n hartaanval oorlede.

Swanepoel is verlede Sondag in sy huis in Somerset-Wes oorlede.

‘n Gedenkdiens is Disndagoggend in die New Gen-kerk in Somerset-Wes gehou.

Swanepoel se vriend en sakevennoot, Hans Roosenschoon, het tydens die diens hulde aan hom gebring. Volgens hom het Swanepoel ‘n manier gehad om stres met humor te verlig.