SA-ekonoon verloor stryd teen kanker

Deel hierdie storie / Share this story

Mike Schüssler het vanoggend sy kort stryd teen kanker verloor.

Mike was ‘n hoofekonoom by Economist.co.za.

Sy vrou, Greta Moodie, het vanoggend sy dood in ‘n Facebook-plasing bekendgemaak.

“Ek is absoluut stukkend vanoggend. My liefste, vriendelikste, wonderlikste man, Mike Schüssler, is vanoggend oorlede na ‘n baie kort stryd teen kanker. Ek het die liefde van my lewe verloor en Suid-Afrika het ‘n reus verloor.”