Elton Jantjies se vermeende wangedrag kan Springbok-kanse benadeel

Deel hierdie storie / Share this story

Elton Jantjies se naderende hofsaak ná aanklagte wat teen die Springbok-losskakel gelê is vir ‘n “bloedige'” uitbarsting op ‘n Emirates Airline-vlug, kan ‘n nadelige uitwerking op die res van sy rugbyloopbaan hê.

Jantjies is verlede Sondag op OR Tambo- internasionale lughawe aangekeer en op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Hy het die volgende dag in die landdroshof in Kemptonpark verskyn op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, wat volgens ‘n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) die breek van ‘n TV-skerm en gloeilamp ingesluit het – wat beteken dat hy die Wet op Burgerlugvaart oortree het.

Jantjies het ook na bewering op mede-passasiers en bemanningslede gevloek.

Soos wyd berig is, het Jantjies glo 10 minute aan ‘n toiletdeur geslaan, terwyl ‘n mede-passasier beweer daar kon gehoor word hoe Jantjies “Komaan, my skat” sê vir die lugwaardin wat in die toilet weggekruip het.

Jantjies is ná sy verskyning in die landdroshof beveel om volgende maand weer in die hof te wees ná verdere ondersoeke en moontlike bemiddeling.

Volgens regskenners word bemiddeling aangebied as ‘n alternatief om ‘n dispuut in die hof te laat bereg.

Dit kan – en sal waarskynlik – veroorsaak dat Jantjies die aanklagte waardeur hy tans in die gesig gestaar word, vryspring met weinig meer as ‘n waarskuwing en ‘n bevel om koste te betaal.

Sou hy egter vervolg en skuldig bevind word, kan die langtermyn-effek van ‘n kriminele rekord ‘n stempel op sy rugbyloopbaan laat, hoewel dit op 32-jarige ouderdom op 1 Augustus tot ‘n einde kan kom.

Hy sal vir 10 jaar ‘n “swart” merk hê wat enige internasionale reis bemoeilik, volgens EWN.

Bronne: The South African, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Nuwe besonderhede oor arrestasie van Elton Jantjies