Die regerende ANC het vroeër vandag ʼn besprekingsdokument uitgereik waarin dit erken dat dit moontlik die 2024-verkiesing kan verloor.
Volgens die dokument wys huidige trajekte en modellerings dat die party se steun in die verkiesing tot onder 50% kan val.
Luidens die dokument is van die redes vir die daling in verkiesingsteun die impak van Covid-19, werkloosheid en ʼn algemene wantroue in die regering.


