Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weerdiens (SANW) het ‘n vlak 5-waarskuwing uitgereik vir moontlike vloede wat Saterdag in dele van KwaZulu-Natal kan voorkom.
Ontwrigtende reën vir die kus en die aangrensende binneland van KwaZulu-Natal kan waarskynlik môre ‘n beduidende impak op eThekwini-metro en die Uga-munisipaliteit hê.
eThekwini-metro sê in ‘n verklaring dat die voorspelling waarsku dat die weer gepaard kan gaan met ontwrigtende reën wat tot plaaslike oorstromings kan lei.
Gevolglik het burgemeester, rdl. Mxolisi Kaunda, rampbestuurpersoneel opdrag gegee om op bystand te wees.
Inwoners wat in laagliggende gebiede woon, word versoek om na veiliger gebiede te ontruim, aangesien voorvalle van modderstortings verwag kan word.
Die publiek moet kennis neem dat die grond steeds versadig is na die swaar reën wat in April ervaar is.
Lede van die publiek word versoek om slegs gehoor te gee aan openbare kennisgewings wat op die stad se kommunikasieplatforms beskikbaar gestel word.


