Cornelius Stefan van Niekerk van Klopperpark, Bedfordview, kêrel van die tweejarige Chevonne Rusch wat vermoor is, se ma, is in hegtenis geneem.

Van Niekerk het Chevonne glo gemartel voor hy haar verdrink het.
Die polisie is Woensdag 11 Mei 2022 net na 13:00 na die Wannenburg-kliniek in Ekurhuleni ontbied waar ‘n kind wat deur haar ma se verloofde na die kliniek gebring en net daar gelaat is, dood verklaar is.
Chevonne was in ‘n kombers toegedraai en het verskeie kneusplekke gehad.
Hy het glo gesê sy het by die huis siek geraak.
Volgens sers. Lillian Modiga, woordvoerder van Bedfordview-polisiestasie, was die kind se mond vol bloed en het sy ‘n kneusplek agter aan haar kop gehad, asook kneusplekke aan haar lyf.
Speurders is na die gesin se woning vir ondersoek, waarna Van Niekerk as die beweerde verdagte van die minderjarige kind se moord gearresteer is.
Hy het Maandag 16 Mei 2022 in die Germiston-landdroshof verskyn waarna die saak tot 25 Mei uitgestel is.
Die saak word verder ondersoek. ‘n Nadoodse ondersoek wat antwoorde sal verskaf ten opsigte van die omstandighede rondom die kind se dood, moet ook plaasvind.
Van Niekerk sal met die volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen. Hy bly egter in aanhouding.



