Verkeersowerhede in Noordwes het ’n beroep op motoriste gedoen wat op die N4 ry, om nie langs die pad te stop nie.
Rowers sit klippe in die pad, wat ‘n pap band veroorsaak en die bestuurder dwing om te stop en die band om te ruil.
‘n Man is die naweek doodgeskiet terwyl sy vrou ‘n skietwond aan die skouer opgedoen het nadat hulle stilgehou het om die stukkende band om te ruil.
Die provinsiale woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur, Boitsheko Moremi, sê die pad is die gevaarlikste tussen 20:00 in die aand en 04:00 in die oggend.



