EFF-woordvoerder se meisie ‘ontsnap Uber-ontvoeringspoging’

“Geen arrestasies is nog gemaak nie en die ondersoek is aan die gang,” het Masondo gesê.

EFF-woordvoerder se meisie 'ontsnap Uber-ontvoeringspoging'

EFF-woordvoerder se meisie 'ontsnap Uber-ontvoeringspoging' foto: Sowetan LIVE

Die ma van die sesjarige dogter van Sinawo Thambo, nasionale woordvoerder van die EFF, verkeer steeds in skok en het beserings aan haar hande, bene en kop nadat sy uit ‘n motor gespring het wat met Uber verbind is.

Sy het die voorval Maandagaand in Pretoria as ‘n poging tot ontvoering beskryf, vandaar haar drastiese besluit om uit die bewegende motor te spring.

Thambo het Dinsdag in gesprek met die Sowetan gesê die 26-jarige vrou, wie se identiteit hy om veiligheidsredes nie bekend wou maak nie, was op pad na die Bosman-treinstasie in Sentraal-Pretoria waar sy ‘n bus na Mpumalanga sou neem. Sy was in die geselskap van twee vriende.

“Toe sy daar (by die stasie) aangekom het nadat die reis as voltooi gemerk is, het haar vriende met haar besittings en bagasie afgeklim. Voordat sy uit die motor kon klim, het die bestuurder besluit om weg te ry terwyl sy nog binne-in die motor was. Toe sy hom probeer inlig dat sy steeds in die motor is, het die individu na haar teruggekyk en verder gejaag en in aankomende verkeer ingery. Sy het besef dit is ‘n moontlike ontvoering. Sy het uit hierdie bewegende motor gespring om ‘n moontlike tragedie te vermy, veral na wat met Hillary Gardee gebeur het.

Die ongelukkigste van die situasie was dat die polisie nie van enige hulp was nie. Toe sy na ‘n satellietpolisiestasie by die Bosman-stasie gaan, het hulle nie skryfbehoeftes of toerusting gehad nie en kon haar glad nie help nie. Ons het ’n moeilike tyd by Pretoria-Sentraal-polisiestasie gehad omdat hulle haar gevra het vir ’n J88-vorm (wat sy toe nie gehad het nie) en sy kon nie ’n saak open nie,” het Thambo gesê.

Hy het gesê ‘n saak is uiteindelik Dinsdag by Pretoria-Sentraal geopen en die slagoffer sal die saak daarna by Uber aanmeld.

Lt.-kol. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is geopen.

“Geen arrestasies is nog gemaak nie en die ondersoek is aan die gang,” het Masondo gesê.

Tambo sê die vrou is Maandag in die Louis Pasteur-hospitaal, ook in Sentraal-Pretoria, opgeneem waar sy behandeling ontvang het en later ontslaan is.

Mpho Sebelebele, Uber-woordvoerder, sê hulle neem die veiligheid van kliënte baie ernstig op en hierdie voorval is kommerwekkend.

Bronne: Sowetan LIVE, VN Explorer

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Hillary Gardee-moord na bewering van Januarie af beplan

Leave a Reply

Your email address will not be published.