Die bekende komediant, Leon Schuster, se ma is Sondagaand op die ouderdom van 100 oorlede.
Schuster het die nuus op sy Facebook-blad gedeel.
“Ek is tans in Bloem waar my ou 100-jarige Moeder in erge lyding op haar laaste bene staan. Hartverskeurend. Weg is haar mooi glimlag, maar vanoggend…..toe jubel ek toe my Skoonsus vir Haar Psalm 23 voorlees en dit die ENIGSTE keer is wat Sy haar oë oopmaak en ek n opflikkerinkie sien. Ek weet nie wat in haar gryse koppie aangaan nie maar dis VIR SEKER: Sy ervaar IETS. Sy sien iets wat ons nie kan Sien nie en dis net die Heilige Gees wat so iets kan bewerk. Dit bied soveel troos en is ‘n wonderwerk! Haar kraaloogjes swem in die trane en dan WEET ek die lig wat deur die trane skyn is die Lig van Bo. En daar is selfs die aanduiding van n glimlag! Hierdie is vir my n persoonlike reis terug na die Waarheid wat ek eendag gehad het maar intussen verloor het. Ek is doelbewus deur haar lyding – wat verskriklik is om te aanskou – teruggepluk na God se Boesem! ‘God works miracles in strange ways.’ Ons moenie vrae vra nie – Hy Sal die oplossing gee! So ‘n fantastiese oomblik in my lewe! Afrikaans is Groot maar Jesus is Groter! Al beteken die stukkie net vir EEN persoon iets is daar oorwinning!,” skryf hy op Facebook.



