“Die DA het lank gevra dat hierdie irrasionele regulasie geskrap word, aangesien verskeie SA-gesondheidskenners herhaaldelik verduidelik het dat die risiko’s van die mandaat aan leerders swaarder weeg as enige moontlike voordele,” het Baxolile Nodada, DA-skaduminister van onderwys, in ‘n verklaring gesê.
Nodada het gesê nadat die regulasies wat bedoel is om Covid-19 buite die Wet op Rampbestuur te bestuur Woensdag in die Staatskoerant gepubliseer is, het prof. Shabir Madhi, entstofkundige en dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Wits -universiteit, weereens die risiko’s van die mandaat aan leerlinge en die irrasionaliteit van die Covid-19-regulasies in die algemeen beklemtoon.
Sy het gesê Madhi het ook voorheen gesê maskermandate in SA het nie ‘n beduidende impak gehad om die verspreiding van Covid-19 af te weer nie.
“As die ANC-regering sy uitoefening van irrasionele regulasies wil voortsit, moet hy die parlement en die publiek van SA voorsien van die wetenskaplike bewyse waarop die besluite oor regulasies geneem word,” het Nodada gesê.
Nodada het gesê data het getoon dat kinders ‘n baie laer risiko vir ernstige siektes het, en dat die sielkundige impak van die dra van maskers meer skadelik kan wees.
“Dit word elke dag duideliker dat Covid-19-regulasies vir die ANC-regering bloot ’n middel tot ’n doel is – die behoud van kwynende mag. Hulle probeer om die magte van ‘n ramptoestand in die Nasionale Gesondheidswet in te sluip sonder behoorlike oorweging of sorg vir die skade aan grondwetlike regte.”
Bronne: The World News, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Regering blameer ‘menslike fout’, trek skoolmaskerreël terug



