Vyf mense geskiet oor huishoudelike argument

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vermeende huishoudelike argument het Donderdagmiddag tot die skiet van twee vroue, twee kinders en die skieter self in Shakaville, KwaDukuza, noord van Durban, gelei.

Dylan Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê hul gevorderde lewensondersteunende paramedici was op die toneel van die skietery. Daar is berig vyf mense, insluitend twee kinders, het skietwonde opgedoen ná ‘n huishoudelike argument.

“Paramedici het twee volwasse vroue en twee kinders in ’n kritieke toestand aangetref. Die twee kinders en hul ma is op die toneel deur IPSS gevorderde mediese ondersteuning gestabiliseer en is na ‘n nabygeleë fasiliteit vir verdere sorg gehaas,” het Meyrick gesê.

“Die tweede vrou is deur EMRS behandel en vervoer.”

“Die vermeende gewapende man het self met selftoegediende vuurwapenwonde na die hospitaal gery, waar hy later oorlede is,” het Meyrick voortgegaan.

Die vrouens en kinders is almal gestabiliseer.

Bronne: Times LIVE, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Polisie het kritieke bewysstuk op Hillary Gardee se moordmisdaadtoneel gemis, sê familie en EFF