Entstof goedgekeur vir kinders so jonk soos 28 maande

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) het Maandag aangekondig dat hy die goedkeuring van die Covid-19-behandelingsmiddel, Remdesivir, uitgebrei het om pasiënte so jonk as 28 dae te behandel wat ongeveer 3 kg weeg.

Dit is die eerste Covid-19-behandeling in die VSA wat goedgekeur is vir kinders jonger as 12 jaar.

Om vir die behandeling in aanmerking te kom, het die FDA gesê, moet kinders gehospitaliseer wees of ligte tot matige Covid-19-simptome ervaar en ‘n hoë risiko hê om ernstige Covid-19 op te doen, selfs al word hulle nie gehospitaliseer nie.

Die middel, gemaak deur Gilead Sciences en verkoop as Veklury, word as ‘n inspuiting gegee.