Die regering hersien KZN-vloeddodetal van 448 na 435

Deel hierdie storie / Share this story

Die regering het die dodetal in die KwaZulu-Natalse vloede van 448 na 435 hersien. Bheki Cele, minister van polisie, het gesê 13 mense wat aanvanklik by die totaal ingesluit is, is aan onverwante oorsake dood.

Lykskouings het getoon dat liggame koeëlwonde gehad het en nege mense is aan natuurlike oorsake dood.

Van die vier liggame met koeëlwonde was drie van Pinetown en een van Sydenham.

Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, het gesê die polisie het baie liggame tydens die vloede gevind en was onder die indruk dat al die mense dood is as gevolg van vloede.

Bronne: MSN, BBC

Volg FiND iT hier.

Lees ook: KZN-vloede is perfekte tyd vir regering om grond te onteien, sê Malema