Ses beweerde onwettige buitelanders is in Harrismith in die Vrystaat vir die beweerde diefstal van koperkabels in hegtenis geneem.
Die waarde van die koper word op nagenoeg een miljoen rand geraam. ‘n Woordvoerder van die polisie het gesê hulle het op inligting oor twee verdagte voertuie met Gauteng-registrasie nommers in die Makgolokweng-nedersetting gereageer.
Die verdagtes kon nie dokumentasie verskafnie en die polisie het op 44 rolle koperkabel en twee voertuie beslag gelê.
Die verdagtes sal Dinsdag in die Harrismith-landdroshof verskyn.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Durban-vloede beïnvloed elektrisiteit, water, begrafnisse en gesondheidsorgdienste



