Die vloede in Kwa-Zulu Natal (KZN) het ‘n rampspoedige uitwerking op die natuurlewe gehad. Terwyl baie troeteldiere as vermis aangemeld is, is diere wat in die natuur bly van hul natuurlike habitat weggevoer.
Met die swaar reënval was baie inwoners bekommerd oor slange wat op vreemde plekke kan uitspoel.
Die slangkenner Nick Evans het op sy Instagram-rekening gesê dat hy geroep is om ‘n luislang te red wat op ‘n strand uitgespoel het ná die KZN-vloede.
Die ster van Snake Season het ‘n luislang van drie meter op ‘n Westbrook-strand aan die Noordkus ontdek.
“Ek was nogal verras oor die grootte daarvan. Dit was ver meer as drie meter. Dit was net ‘n bisarre gesig. Arme ding moes ‘n moelike tyd gehad het. Die Tongaatrivier was redelik naby. Dit moes afgespoel het, en hier beland het. Dit moes gewees het soos om in ’n wasmasjien te wees”.
Nick het die slang gered nadat dit homself verstrengel het in die puin wat op die wal uitgespoel het. Hy het bygevoeg: “Sy lyk absoluut in orde, behalwe dat sy koud en uitgeput is. Sy het ’n bietjie warmte gekry en sal vrygelaat word sodra toestande dit toelaat.”
Bronne: MSN, Affluencer
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Durban-vloede beïnvloed elektrisiteit, water, begrafnisse en gesondheidsorgdienste



