Spaar jou geld, liter vir liter by GWK.

Deel hierdie storie / Share this story

Ek weet nie van jou nie, maar ek hou niks daarvan om geld onnodig weg te gee nie. Brandstof is duur, maar noodsaaklik. Moenie meer betaal as wat nodig is nie. Kom maak vol by een van GWK se vulstasies en kry die meeste waarde vir jou  geld.

Met diesel teen R22,21 per liter by GWK in Kimberley is ons pryse deurlopend die beste in die omgewing. Maak seker jy trek voordeel uit ons mededingende pryse.

Terwyl ons vriendelike personeel jou tenk volmaak en seker maak jou bande en olie is reg vir rit, loer gerus in by ons GWK-handelstak wat aan die vulstasie gekoppel is. Hier kan jy iets kry vir almal! Ons herfspromosie is ook aan die gang met reuse winskopies by alle GWK-handelstakke.

GWK, jou een stop vir die beste pryse, produkte en kliënte-ervaring.