Boer dood na helikopter val

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boer van Hennenman in die Vrystaat is Maandagoggend dood toe sy helikopter geval het toe hy op die Rockridge-plaas buite Parys wou land.

Netwerk24 berig die 71-jarige Jurie Wessels was alleen in die helikopter en is op die toneel dood verklaar.

Kaptein Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê Wessels se helikopter, ‘n Hughes 268C, het kragdrade getref voordat dit geval het.

Wessels se swaer, Jaco de Villiers, het aan Netwerk24 gesê die helikopter het die kragdrade getref en toe geval, maar hy meen iets anders moes reeds voor dit verkeerd geloop het. Volgens ooggetuies het die helikopter net enkele meter geval voordat dit die grond getref het.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Kyk: Somaliese winkelier sê Durbanse polisie het R37 000 by hom gesteel