Beckham’s ‘geskok’ na inbreker herehuis beroof terwyl egpaar, dogter slaap

Deel hierdie storie / Share this story

David Beckham en sy vrou Victoria was hierdie week die ongelukkige slagoffers van ‘n inbraak. Terwyl die egpaar en hul dogter in die herehuis van R593 miljoen geslaap het, het ‘n gemaskerde inbreker toegang deur die boonste spaarkamer verkry.

Volgens The Sun was die egpaar “onbewus” van die rooftog totdat hul seun by die huis gekom het en op ‘n geplunderde spaarkamer afgekom het.

Nadat hy sy ouers gewaarsku het en ‘n soektog rondom die huis gedoen het, is ontdek die rower is weg met duisende ponde se ontwerpers- en elektriese goedere.

‘n Bron het aan die publikasie gesê die dief het deur ‘n venster ingebreek en met ‘n aantal items deur dieselfde venster gevlug.

“Gelukkig het niks ‘n groot sentimentele waarde vir die gesin gehad nie,” het die bron gesê en bygevoeg dat die egpaar “geruk is”.

Bronne: MSN, Mirror

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Fetusse ontdek in die huis van anti-aborsie aktivis