Ashleigh Olivier van Germiston is in 2017 op die ouderdom van 26 met veelvuldige sklerose gediagnoseer. Sy is sedertien in staatshospitale behandel omdat sy nie ‘n mediese fonds kon bekostig nie.
Veelvuldige sklerose is ‘n toestand wat die brein- en senuweestelsel aantas, en ‘n wye spektrum van simptome veroorsaak. Dit is ‘n lewenslange toestand wat partykeer ernstige gestremdheid kan veroorsaak, maar soms is die simptome ligter.
Simptome sluit in:
Moegheid
Loop moeilik
Probleme met visie
Lamheid in dele van die liggaam
Stywe spiere en spasmas
Probleme met balans en koördinasie
Probleme met denke, leer en beplanning
Die laaste jaar het Asheley se toestand baie versleg, en sy is desperaat op soek na medikasie wat die uitwerking van die siekte kan vertraag. “Nadat ons dr. PH Kritzinger by die Pretoria-Oos-hospitaal gesien het, het dit duidelik geword dat ons ‘n mediese fonds sal benodig om te help met medikasie en behandeling.”
In dié stadium benodig hulle finansiële hulp om haar medisyne en mediese onkostes te kan betaal. Ashley mag nie meer werk nie, en is medies ontslaan. Hulle hou vir haar ‘n pretdraf om geld in te samel en nooi almal uit om deel te neem aan hierdie dag.
Hulle wil ook hemde verkoop met die logo vir veelvuldige sklerose op, maar kort R 7 000 om die hemde aan te koop. Hulle het reeds iemand wat die logo op die hemde sal druk. Mense is welkom om ‘n skenking vir die aankoop van die hemde te maak. Dit sal baie waardeer word.
Die pretdraf word Saterdag 30 April 2022 om 11:00 by Presidents Ranch, Orpimentlaan, Krugersrus, Springs, gehou
Daar is ‘n R100 ingangsfooi, maar kinders onder 10 kan gratis ingaan.
Deelnemers word aangemoedig om oranje te dra. Die persoon wat die beste geklee is, sal ‘n prys wen. Daar sal koeldranke en boeries verkoop word.
Enige donasies is ook baie welkom. Vir enige verdere inligting kan Melanie by 082 976 0430 gekontak word.
Die pretdraf se borge is: JodaMed EMS en LAPUA Strike Force.




