’n Vrou op TikTok was verbysterd oor haar kelner se reaksie nadat sy gevra het dat ’n kers op haar verjaardagkoek by ’n restaurant gesit word.
Die TikTokker, wat Perveen genoem word, is heeltemal geskok deur ‘n kelner wat volgehou het hy het nie tyd vir haar versoek nie.
Soos gesien in die video, nader die kelner die groep vriende en plaas twee bakke kos op die tafel. Dan vra een van die vriende die kelner beleefd vir kerse: “Dis ook haar verjaarsdag. Ons het gewonder of jy enige kerse het.”
Waarop die kelner antwoord: “Nee, ek het nie regtig tyd daarvoor nie.”
Die video het groot omstredenheid ontketen met sommige wat die kelner verdedig het, terwyl ander die vrou se kant gekies het en gesê het dat hy onbeskof was.
@lifeofperveen we cared enough to celebrate your birthday 🎂🥺#happybirthday #hbd #speechless #ohno ♬ original sound – Perveen
Bronne: IOL, MSN, TikTok
Volg FiND iT hier.



