Landsburgers se belange, eerste prioriteit sê Ramaphosa

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet deur die hele konflik tussen Rusland en Oekraïne sy landsburgers se belange eerste stel.

Die president is gister in Dubai uitgevra oor bewerings dat Suid-Afrika se standpunt oor die Russiese aanval in Oekraïne daaruit spruit dat die regering na Rusland vir energiesekerheid in die land kyk.

Ramaphosa sê almal weet dat die oorlog ʼn impak op onder meer kos- en brandstofpryse het. Hy sê voedselsekerheid kan bedreig word omdat die land nie meer kunsmis het nie en baie daarvan uit Rusland invoer.

President Ramaphosa sê die regering moet dit alles in ag neem sodat hulle weet wat hulle te doen staan.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Mosie van wantroue teen Cyril Ramaphosa vind dalk nie plaas nie