Kanye West het verklaar dat hy vir ‘n jaar haweloos sal wees, aangesien hy van plan is om al sy huise in kerke te omskep.
Die kletsruimer het tydens ‘n onderhoud met die kultuurtydskrif 032c gepraat en gedeel hoe hy na ‘n meer “progressiewe samelewing” streef.
Hy het ook bygevoeg dat die kapitalistiese stelsel nie vir Amerika werk nie en hy wil help om daarvan ontslae te raak.
Hy beplan nou om sy eie huise in kerke en weeshuise te omskep om haweloosheid en honger te beëindig.
“Ons is onder kapitalistiese heerskappy, en dit maak ons dood. Dit is tyd om dit te verander. Ek gaan oor ‘n jaar haweloos wees. Ek gaan al die huise wat ek besit in kerke verander. Ons maak hierdie weeshuis, en dit sal ’n plek wees waarheen enigiemand kan gaan.”
Bronne: MSN, Ground News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Trevor Noah teleurgesteld oor Kanye West se rasbelediging



