Geskrewe antwoorde op die DA se parlementêre vrae het aan die lig gebring dat ‘n taamlike groot vloot nuwe voertuie oor die afgelope drie jaar deur ministers gekoop is.
Dit is merkwaardig omdat die Ministeriële Handboek ‘n toelaag van tot R700 000 gee vir kabinetslede om aan ‘n motor van hul keuse te bestee, maar die regering het gesê dat die werklike limiet R800 000 is.
Fikile Mbalula (BMW 5-reeks), Joe Phaahla (Audi Q5), en Pravin Gordhan (Audi A6) bevind hulle almal in die grys area en bestee tussen R700 000 – R800 000.
Die COGTA Minister Dlamini-Zuma het meer as R806 000 aan ‘n Volvo XC60 bestee met die aankoopdatum slegs dae voordat SA vir die eerste keer toegesluit is.
“Sedert 2019 het belastingbetalers 24 nuwe voertuie vir ministers en adjunk-ministers gekoop teen ‘n totale koste van byna R19 miljoen. Die gemiddelde koste vir die 24 voertuie wat gekoop is, was R789 736 – heelwat meer as die limiet wat vermoedelik deur die Ministeriële Handboek vasgestel is. Tot elf voertuie is moontlik in stryd met die R700 000-perk gekoop deur senior lede van die Armoedekabinet, insluitend Nkosazana Dlamini-Zuma – wat R806 000 aan ‘n luukse motor bestee het,” het die DA in ‘n verklaring gesê.
Bronne: Economy24, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Giftige bestanddele in sommige handreinigers gevind



