Die DA in Mangaung het ‘n beroep op ‘n deursigtige finansiële administrasie gedoen

Deel hierdie storie / Share this story

Die DA in Mangaung het ‘n beroep op ‘n deursigtige finansiële administrasie gedoen nadat toesig deur die hoof finansiële beampte, Sabata Mofokeng, geweier is.

Die party sê op ‘n geskeduleerde besoek het die werknemers van Mangaung Metro Munisipaliteit, die finansiële hoof en die speaker die besoek na inkomstedienste geweier.

Dit het gevolg nadat die party talle klagtes van die burgers ontvang het oor ’n gebrek aan diens van dié departement.

Die DA se Mokgadi Kganakga sê fakturering, skuldinvordering, kontantbestuur, meterlesing, meterdata en die hulpbehoewende register is alles funksies van inkomstedienste wat groot frustrasies by Mangaung-kliënte veroorsaak.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: VSA beskuldig Rusland formeel van oorlogsmisdade in Oekraïne