Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) se bates moet as nasionale sleutelpunte beskou word om groter veiligheid te verseker.
Hy sê PRASA se toerusting en eiendom word deur georganiseerde sindikate geteiken.
Mbalula het gister die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge ingelig ná ‘n onlangse toesigbesoek.
Die minister sê die vorige direksie het die agentskap ‘n swaar slag toegedien deur sekuriteitskontrakte te kanselleer.
Dit het die agentskap kwesbaar gelaat vir diefstal en skade.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Opposisiepartye is ontevrede oor die ramptoestand wat nog geld in die land



