Leon Schuster se nuwe fliek is hier

Deel hierdie storie / Share this story

Toe die komediant Leon Schuster Mr Bones in 2001 vrygestel het, was die film ‘n onmiddellike rekordsukses regoor Suid-Afrika en het dit kykers van alle ouderdomme en rasse vermaak.

Maar die vraag is egter sal dieselfde manewales en styl van komedie (wat sommige aanstootlik genoem het as gevolg van die gebruik van swart aksente) by ouer gehore wat met sy werk grootgeword het en ‘n hele nuwe generasie wat dalk nie daarmee vertroud is nie, aanklank vind?

Ster Kinekor het die lokprent vir die amptelike Mr Bones 3: Son of Bones vrygestel.

In die rolprent is behalwe Schuster, sy regterhand wat al dekades aan sy sy is, Alfred Ntombela, asook Tumi Morake, Jerry Mofokeng en Jay Anstey te sien.

Mr Bones 3: Son of Bones, draai op 15 April 2022 in fliekteaters.