Verwagte petrolpryse vir April

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van minerale hulpbronne en energie (DMRE) het ‘n besluit geneem om die Basiese Brandstofprys (BFP)-opdaterings met twee intervalle te publiseer, naamlik een teen die middel van die maand en die ander aan die einde van die maand met die goedgekeurde persverklaring.

Hoewel die middel van die maand se data slegs ‘n aanduiding gee met hoeveel die prys van brandstof die volgende maand sal styg, gee dit wel ‘n duidelike en noodsaaklike prentjie vir motoriste wat hulle maandelikse begroting daarvolgens wil beplan.

Só lyk die jongste maandoorsig vir die derde week in April, wat aan AfriNuus uitgereik is.

Indien die brandstofprys Vrydag in werking sou tree, sou dit só lyk:

  • Petrol (93- en 95-oktaal): Styg met tussen R2,34 en R2,40 per liter.
  • Diesel (0,05% en 0,005% swael): Styg met tussen R3,35 en R3,47 per liter,
  • Paraffien styg met bykans R2,86 per liter.

Die departement van minerale bronne en energie het egter by navraag bevestig dat geen verligting in brandstofpryse in die komende maande verwag kan word nie.

Die swakker rand en voortslepende konflik in Oekraïne veroorsaak dat oliepryse die hoogte inskiet. Teen Donderdag was die olieprys $113 per vat, teenoor $139 per vat vroeër die week (die hoogte in 14 jaar).

Volgens kenners is dit “nog net die begin,” en sal brandstofpryse R25 per liter teen begin April haal.

President Joe Biden het egter Vrydag bevestig dat die VSA se ingryping in die konflik in die Oekraïne die begin van die Derde Wêreldoorlog sal beteken. Poetin het gewaarsku dat Rusland se kernkragmasjinerie op hoë gereedheidsvlakke is sou dit gebeur. Dit sal waarskynlik tot ‘n wêreldwye resessie lei, meen kenners.