Cindy Swanepoel, wat die rol van dr. Annelize Roux in Binnelanders speel, het op Vrydag,
4 Maart 2022 vir die eerste keer in haar lewe bloed geskenk tydens die Binnelanders ‘Blood Drive’ wat by Stark Studios in Randburg in samewerking met Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) gehou is.
“Ek het gister vir die eerste keer bloed geskenk by die werk. Ek het gedink ek het al vantevore in my in my lewe gedoen, maar ek het nie, dit was my heel eerste keer. Ek voel nogal skaam daaroor, en dit het my geïnspireer om dit een keer elke drie maande te doen. Jy red letterlik lewens. Dit is ‘n ‘beautiful initiative’, en ek wil ander mense aanmoedig om dit op ‘n vroeër ouderdom as ek te begin doen,” sê Swanepoel.
Besoek gerus die SANBS se webwerf by www.sanbs.org.za om meer uit te vind oor hoe jy ook lewens kan red.





