Die Amerikaanse sepie, Days of Our Lives kom tot ‘n einde in April.
Die sepie, wat sedert 1965 en vir 57 seisoene op die lug was, sal op 11 April 2022 op e.tv tot ‘n einde kom.
“Deur nuwe inhoud by e.tv se skedule te voeg en nuwe inhoud te skep, moet dié kanaal programme sny, aangesien daar net soveel ure in ‘n dag is,” sê Marlon Davids, direkteur van e.tv-kanale, in ‘n verklaring.
Days of Our Lives word vanaf 11 April gestaak. Dit is voorheen op SABC uitgesaai.
Vanaf 11 April sal e.tv Isono in dié sepie se tydgleuf uitgesaai word, lui die verklaring.


