Toenemende druk op president Cyril Ramaphosa om die land se volgende hoofregter aan te stel

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is toenemende druk op president Cyril Ramaphosa om die land se volgende hoofregter aan te stel.

Die president het verlede maand aan joernaliste gesê dat hy binnekort die aanstelling sal bekendmaak.

Sommige politieke partye en ontleders sê die feit dat hy nie redes verskaf vir die vertraging nie, voorspel niks goeds vir die doeltreffendheid van die regbank nie.

‘n Koalisie wat die regbank monitor, Judges Matter, sê ook dis teleurstellend dat die presidensie geen verduideliking vir die vertraging gee nie.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: John Steenhuisen sê dat die COVID-19-pandemie nie meer ‘n bedreiging vir Suid-Afrika is nie