Die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius (36) se prokureurs sê hulle het “geen opsie” as om hof toe te gaan oor sy vertraagde paroolverhoorproses nie, berig News24.
Maar, die ouers van Pistorius se vermoorde vriendin, die model, Reeva Steenkamp (29), is nie oortuig dat hy vir vrylating in aanmerking kom nie.
Pistorius se paroolproses het begin nadat die Hoogste Hof van Appèl verlede jaar sy uitspraak oor sy vonnis vir ‘n tweede keer gewysig het -die tronkstraf van 13 jaar en vyf maande wat dit hom vir strafbare manslag deur regter Thokozile Masipa opgelê het, is tot 21 Oktober 2014 terugdateer – die dag waarop hy die eerste keer gevonnis is.
Steenkamp is op Valentynsdag 2013 deur Pistorius doodgeskiet nadat hy glo gedink het sy is ‘n inbreker.
Hy het haar vier keer deur die geslote deur van ‘n badkamer in sy huis geskiet, waar sy versteen inmekaargekrimp het.




