Shane Warne sal ‘n staatsbegrafnis hê

Deel hierdie storie / Share this story

Daniel Andrews, premier van Victoria, het Sondag op Twitter aangekondig dat die familie van Shane Warne die aanbod van ‘n staatsbegrafnis aanvaar het.

“Dit sal ’n geleentheid vir Victoriane wees om hulde te bring aan sy bydrae tot sy sport, aan ons staat en die land.

“Besonderhede sal in die komende dae gefinaliseer en gekommunikeer word.”

Warne, een van die beste krieketspelers van alle tye, is Vrydag op die ouderdom van 52 dood, nadat hy vermoedelik ‘n hartaanval in Thailand gehad het.

Die sportwêreld is serdertdien in rou gedompel en huldeblyke stroom van regoor die wêreld in.

Warne het 708 toetspaaltjies in die loop van sy voortreflike loopbaan van 15 jaar geneem.

In ‘n aparte twiet Saterdag het Andrews ook gesê die Great Southern Stand by die Melbourne Cricket Ground (MCG) sal herdoop word na die S.K. Warne Stand as ‘n “permanente huldeblyk” aan die draaibouler, wat in die Melbourne-voorstad Black Rock grootgeword het.