Mans blyk meeste plaasmoord-slagoffers te wees

Deel hierdie storie / Share this story

Sowat ‘n driekwart van alle Suid-Afrikaners wat verlede jaar in plaas-aanvalle vermoor is, was mans.

Maroela Media berig verder dat ongeveer die helfte van dié slagoffers ook die eienaars van die plase was waar hulle vermoor is.

In AfriForum se omvattende verslag oor plaasaanvalle en -moorde word die jongste statistiek oor wie presies verlede jaar onder dié gru-aanvalle deurgeloop het, bekend gemaak.

Luidens dié verslag het driehonderd vier-en-sestig plaasmoorde vanaf 2016 tot 2021 in Suid-Afrika plaasgevind. Altesaam drie-en-vyftig hiervan het verlede jaar plaasgevind.

Hieruit blyk dit dat 72% van 2021 se slagoffers mans en 13% vroue was. 15% van die slagoffers se geslag is onbekend.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Ramaphosa verdedig SA-standpunt oor oorlog tussen Rusland en Oekraïne