Die sewe maande oue swart pointer-kruising, Xara, wat verlede Sondag tydens ‘n ongeluk vermis geraak het, is gevind.
Healthy Hound Search and Rescue-spanne het onverpoos die afgelope vier dae na Xara gesoek.
Xara is Vrydag 4 Maart omstreeks 10:00 in die Diepsloot-area gevind nadat sy weggeraak het toe Annien Müller en haar kêrel, Reino von Wielligh, in ‘n ongeluk betrokke was. Die hond het uit die motor gespring.
Müller en Annien was op 27 Februarie op pad terug ná hulle ‘n troue van haar tweeling-suster bygewoon het.
Von Wielligh, wat in ‘n ander voertuig gery het, het beheer oor sy voertuig verloor en dit het gerol.
Annien het inderhaas langs die N14-pad gestop om hom te probeer help, toe ‘n ander voertuig in haar vasgery het en sy noodlottig beseer is.
Haar kêrel het die ongeluk oorleef.
Xara, die hond van Annien en haar kêrel, Reino von Wielligh (29), het Sondag tydens die ongeluk op die N14 wat Müller se lewe geneem het, uit Von Wielligh se motor gespring en weggeraak.
Reino se suster, Nadia du Plessis, en haar man Ross, het met behulp van ‘n lid van die plaaslike Diepsloot-gemeenskap op Xara in die gras afgekom.
Sy het slegs ‘n paar skraapmerke aan haar lyf gehad.





