Boks vol koppe van bakkie af gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boks vol mensekoppe is uit ‘n mediese vragmotor in die VSA gesteel. Die koppe gaan glo vir mediese navorsing gebruik word.

Plaaslike media het berig die vragmotor was in ‘n woonbuurt in Denver geparkeer toe die boks koppe verdwyn het.

Die polisie het nie inligting gegee oor die gesteelde koppe nie, maar plaaslike media het berig dat hulle afkomstig is van ‘n program wat liggame vir navorsing skenk.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Bronne: Yahoo, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Scientists find blood type may play role in severe Covid